Monday 9 February 2015

‘n Bokmakierie in die Boord

Vroegoggend staan ek by die kamervenster en kyk na die heerlikheid van die boord waar die bome roerloos in die windlose oggend staan. Net die twee bosse skoenlapper blomme buig en waai waar die bye die blomme gryp en laat gaan soos hulle die nektar versamel.

Die ligte stingels buig af met die gewig van die bye wat op die blomme land en skiet dan weer op waneer die by na die volgende blom vlieg. Hierdie beweging van die blomme skep die illusie van baie skoenlappers wat deur die lug vlieg.

‘n Voël se geroep laat my opkyk om te sien wie die eienaar van hierdie nuwe klank is maar die eienaar bly skugter in die Bougainvillea waar ek hom gewaar met die beweging van die blomme.

Die jong Bokmakierie in die Boord
Ek gaan haal my kamera en sit die zoom lens aan en rig dit op die Bougainvillea en wag. Die  tyd stap aan maar ek wag geduldig en my geduld word uiteindelik beloon toe doe voël in die bure se boom in vlieg en  ek ‘n redelike goeie foto van hom kry.

Ek ondek dat dit ‘n jong Bokmakierie is. Met sy mooi sang en voorliefde vir insekte is hy ‘n welkome besoeker in die tuin. Nou kan ek ‘n Bokmakierie by die lys van voëls wat die tuin besoek voeg.


'n Kaapse Witogie besig om Luise van die Rose te haal
Daar is die Jan Fiskale, Tarentale, Kaapse Witogies, Kaapse Bul Bul, Kwikstertjies, Kaapse Kanaries, Mossies, Geel Vinke, Suikerbekkies, Janfrederikke, Swaeltjies, Muisvoëls, Lysters, Tortelduiwe, Visvangers en ongelukkig Hadidas.

1 comment:

  1. Ja Hadidas. Nie n voel waarvoor ek baie lief is nie maar hulle het maar ook n eiesoortige karakter.

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.