Saturday 8 August 2015

Polfyntjies uit Parys

‘n Besoek van Philip en Ian uit Parys is altyd ‘n plesier. Deur die jaar is daar altyd ‘n kos, boek, wyn of ander ervaring wat ek met vriende wil deel wat ver is. So met ‘n besoek van ons vriende uit die buiteland het ek ‘n koskas en kelder gevul met polfyntjies vir die proe.

Die tyd wat mens saam baie goeie vriende deurbring is altyd ‘n kleinood. Tyd vlieg gewoontlik en die lekker van hallo word geëwenaar deur die bittersoet van groet met hul vertrek.

Met ‘n vriendskap van meer as 25 jaar is daar ‘n gemaklikheid in die kuiers en dit voel soos deel van ons huisgesin wat huis toe kom.

Philip stuur vir my fotos van groente en vrugte op die markte uit Parys, iets wat ek baie geniet want dit inspireer my om te eksperimenteer in my groentetuin.

Met hul besoek uit Parys bring hulle altyd polfyntjies vir die proe en die Towerwater kombuis kry so ‘n Franse flair met tee vanafdie Mariage tea emporium in Parys. Hier sukkel ons om los blaar tee te kry. Parys het Emporiums  met “mure van tee”, tee salonne en ‘n tee museum. Klink vir my na ‘n hele dag se uitstappie in Parys.

Gelukkig hoef ons nie na die tee te gaan nie die tee het na ons toe gekom. 

Die verpakking op sy eie is ‘n ervaring.  Waneer ‘n mens die swart gemboseerde houer uit die buitenste omhulsel skuif, ruik mens al die tee.


Die formele swart verpakking onthul twee tee blikke wat helder pers en rooi in kontras is. Die Marco Polo is ‘n swart tee met bessie vrugt geure en ‘n sweem van heuning en vanielje. Die Noël is ‘n swart tee met mandaryn lemoen, kaneel, amandel en Bourbon vanielje.

Ek maak die blikke oop en die geur van vrugte en speserye vul die kombuis en ek staan in die middel van Kersfees en die vrugte boord in somer waneer ek my oë toe maak.


My kombuis praat Frans met “De Foie Gras de Canard et de Fiques”, “Crème  de Caramel au Buerre Salé” en “Crème de Marrons”. Alles polfyntjies vir die proe uit Parys.


Ons geniet hierdie kleinode uit Parys maar die lekker is bittersoet sonder ons vriende wat so ver moet wees. Towerwater het ‘n internasionale bestemming geraak vir al ons vriende wat oor die hele wereld versprei is en ons sien uit na die volgende besoek gevul met onthou, lag en opvang met belangrike gebeure.

Ek onthou  C.Louis Leipoldt se ‘Kom gee vir my Polfyntjie’ wat seker die beste beskryf wat ‘n Polfyntjie is.

Kom Gee vir My Polfyntjie

Kom gee vir my polfyntjie,
Dit maak nie saak nie wat,
Die kleinste, nietigste lyntjie
Waardeer ek as ‘n skat.
Koop waar jy wil, by smouse,
Penswinkeltjies, net wat
Jy kry in Krismiskouse -
Dit bly vir my ‘n skat.

Net iets wat jy as joue
Betrag het, gee my dit -
Ek neem dit aan as goue
Gesteente tot besit.
En as jy eenmaal sterwe,
Dan pryk dit nog by my,
Gegee meer as geërwe,
As liefdeblyk gekry.

C.Louis Leipoldt  -

I found this translation of the poem by Annel Pieterse that I believe is a good reflection of the original and will aid English readers to appreciate it as well.

Keepsake

Give me but a token,
Whatever it may be,
The tiniest little ribbon
Is precious wealth to me
Buy where you will, from pedlars,
From hawkers’ trays, or what
You’d find as stocking fillers —
I’ll treasure in my heart.
Give only what you’ve gazed on
And what your hand has known
I take it as a golden
Memento, as my own.
And should you pass away,
This prize remains with me,
No heirloom, but a favour,
A mark of love received.

© C. Louis Leipoldt, 1929. English translation by Annel Pieterse

1 comment:

  1. Beautiful post. The old world notion of exchanging simple 'keepsakes' has been eroded by modern superficial and materialist values. Your post is a charming reminder the hallmarks of true friendship.

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.