Wednesday 9 December 2015

Die Kaapse Dief Martini

Die Kaapse Dief martini
Saterdag was een van daardie warm dae wat mens verlep laat voel en na ‘n bedrywige dag het ek besluit om myself te bederf met ‘n skemerkelkie onder die akkerboom.

Kaas en vrugte in seisoen
Ek het besluit om ‘n Martini te maak saam die peuselhappies van kaas en die eerste vars vye van die seisoen. Ek geniet ons plaaslik gemaakte gins. Met meer en meer gin distilleerders wat oor die Wes Kaap opspring, het ons baie om van te kies. Inverroche van Stilbaai maak die heerlikste fynbos gin en ons geniet die Verdant die meeste.



Om die draai van ons in Kaapstad in Soutrivier, is Hope on Hopkins besig om ook gin te maak met Kaapse fynbos. Ek het besluit om die Salt River Gin te probeer  want die gin word met onder andere kapokbos of wilde roosmaryn, organiese sitrus skil en boegoe gemaak.



As ‘n baie trotse Suid Afrikaner vind ek hierdie eg Suid Afrikaanse geure ‘n ongelooflike trekpleister. Met Salt River Gin as die verkose gin wou ek uitbrei op die Suid Afrikaanse tema en wat beter keuse as die Kaapse Dief . ‘n Caperitif met Chenin Blank, Quinchona bas, fynbos, kalmoes en naartjies wat deel uit maak van die 35 eg Kaapse bestandele waarmee dit gemaak word.



Met een van die mees diverse planteryke is dit net natuurlik dat ons dit in kos- en aptytwekkers gebruik. Dit is wel bekend dat ons planteryk vol medisiniale kruies en plante is. So aan die einde van die dag, kan dit net goed vir die gesondheid wees om skemerkelkies te drink wat gemaak word met fynbos.



Caperitif is ‘n historiese aptytwekker wat in die Kaap in die 1920’s gemaak is. Met die hulp van ‘n Deense “mixologist” het ‘n Swartlandse wynplaas dit weer verlede jaar begin maak.

Hierdie hand gemaakte produkte gaan baie gewild word want ek glo Suid Afrikaners hoef geensins terug te staan waneer dit kom by die maak van unieke produkte nie.


Ek noem die eg inheemse martini “Die Kaapse Dief” ter erkenning aan die Caperitif. Want hierdie martini, ryk aan Kaapse “Botanicals”, kom steel jou moegheid van die dag. Dit verkwik jou terwyl jy die Kaap proe vanaf Sout Rivier tot by die Swartland onder ‘n boom in die Klein Karoo.

No comments:

Post a Comment

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.