Die ander dag neem ek ‘n mandjie vrugte vir ‘n vriendin onder in ons straat, vir konfyt maak. Sy maak die heerlikste konfyt wat sy verkoop. Nadat sy die mandjie vrugte wat ek vir haar gebring in haar kombuis uitgepak het, kom sy haar sitkamer binne met ‘n vlessie konfyt en vra vir my, “Ken jy dit?”
Maar siter konfyt is ‘n heerlikheid op sy
eie. Ek kan duidelik onthou waneer ek dit geëet het en wie dit gemaak het. Ek onthou Jean Visser, wat getroud was
met die restourasie argitek Dirk Visser, se siter konfyt bedien op die groot
geelhout tafel in hul huis Vredenburg in Rosebank.
Toe my vriendin vir my die vlessie siterkonfyt gee met die woorde, “Hierdie is om dankie te sê uit die hart uit”, het ek onmiddelik verstaan. Siterkonfyt maak mens vir die liefde daarvan en vir eie bederf. Siterkonfyt vat tyd. Party resepte vereis dat die dik skil vir tot vier dae lank in vars water geweek word.
Stillewe met bak vol sitroene, Giovanna Garzoni, Italie circa 1645 - J. Paul Getty Museum |
Foto van sitroene in koper pot, Spys en Drank, Renata Coetzee, 1977 |
Resep uit “Cape Cookery. Simple Yet Distinctive – Hewitt, A G, 1890”
“Citron Konfyt
The citrons must not be ripe. Pare the
citrons and quarter them, using only the peel. Soak the pieces in fresh water
every day for 3 days.
Boil them up in water, adding a large
spoonful of salt to keep the colour. When taken out of the waters squeeze them
quite dry. Prepare the syrup, weight for weight, fruit and sugar, and boil all
till clear.”
Die resep is kort en kragtig en nie vir beginners
nie. Duidelik verwag die skryfster dat as jy gaan siterkonfyt kook het jy al
ander konfyt gekook en weet jy wat om te doen.
“Siter of Sitroen Komfyt, No.1
Dun afskil en afweeg, sny dit in 4 dele,
set dit in koud water 2 dage lank, 2 maal op ‘n dag skoon koud water gé, di 3de
dag in kokende waterset en daarin kook todat dit sag is, set dit dan buite op
‘n doek om te droog, neem net soveel siters as di suiker weeg, kook dit en giet
dit deur, as dit begin dik word, set dan di sieters in kook saggies tot dit
mooi helder is, net so wegsit as di ander komfyt, eers goed laat koud worde.”
Resep uit “Hilda's diary of a Cape housekeeper – Duckitt, H J, 1902”
“Mrs. Breda’s Citron Preserve.—Citrons
preserved in the following way make a nice dish for dessert now that fresh
fruits are scarce. It is Mrs. Breda’s recipe, and is best done in two days. To
every half-dozen green citrons you will require their weight in sugar before
scraping.
Pare or scrape the citrons, using a
medium-sized grater, then lay them whole in a deep bowl, and after sprinkling 2
or 3 ozs. of salt over them, cover the citrons with a plate to keep them from
rising, and pour into the bowl boiling water sufficient to cover the fruit.
The next day halve or quarter the citrons,
taking out the pulp carefully (as this being bitter is never used), lay them in
your copper preserving-pan, sprinkle a handful of salt over them, and cover
them with cold water. Set the pan on the fire to boil till the fruit is soft
enough to pierce with a reed or blunt skewer. Then take the pieces of citron
out with a spoon, and put them into very cold water for half-an-hour, after
which squeeze them as dry as you can without breaking. Now put your fruit into
the preserving-pan and cover with sugar, same weight as the fruit, and
measuring the sugar (after being weighed) with a cup, take in proportion 4 cups
of water to 6 cups of sugar, let it melt and boil it up slowly, setting aside
for next day when it should boil—say 4 or 5 hours—till clear and syrup nice and
oily.
The citron preserve we make can be candied,
but we keep it in jars in syrup, and drain it off a few days before we want to
use it, roll it in dry sugar, and dry in a cool oven or on a cake-tray in the
sun and air. We do the green figs in the same way.”
Mev S van H Tulleken was ‘n lektriese in
huishoudkunde. Sy was ‘n beoordelares by landbouskoue wat ook demonstrasies gegee het. Sy het ook gereeld pryse vir
konfyte, koeke, terte, en konserf by landbouskoue gewen.
Enige iemand wat die vroue saal by landbouskoue kan onthou sal weet watter stywe kompetisie daar plaasgevind het. Ek raak sommer nostalgies as ek terug dink aan die landbouskoue op Worcester en die produkte in die groot sale naby die huidige Kleinplasie museum. Die sale was katedrale van die beste produkte wat uit die plaaslike omgewing gekom het. Hier het dit gegaan oor kwaliteit in voorkoms en smaak. Waneer Mev S van H Tulleken dus siter of sitroen konfyt beskryf as die heerlikste en mooiste van alle sitruskonfyt is dit geen ligte stelling nie.
Om die glashelder groen konfyt op ‘n sny varsgebakte brood te geniet is die lekkerste lekker. Regte hartskos uit die hart uit.
Where in the Greater Cape Peninsula is this product commercially available please,
ReplyDeleteThe best is to try at a farmstall. They would sell it as siterkonfyt, sitroenkonfyt or citron preserve. I suggest try Soet Tand, Montagu, tel: 0828413971 (Whatsapp ONLY) or Die Bloubakkie, Onrus, tel: 0826954281
DeleteJa dit is baie lekker.weet nie waar dit te koop is nie.
ReplyDeletePad stal Domyn tussen Oudtshoorn en De Rust
ReplyDeleteWhat plant nursery does sell the Citrus medica trees ? I could not find one so far ?
ReplyDeleteSabine Tulbagh Nursery sells the Etrog Citron and the Fingered Citron (Buddha’s hand). The Etrog Citron is used for preserve making. https://www.tulbaghnursery.co.za/product/etrog-citron/
Delete