Thursday 9 July 2015

Ode vir ‘n Rooi Aalwyn

Die aalwyne blom rooi op pad na Ashton en alhoewel ek nie baie hou van vetplante nie vind ek hulle ongelooflik majestieus.  Veral in kontras met die netjiese wingerde is die aalwyn heinings met hul rooi vuurpyle nog mooier.

Aalwyne by Ashton


Aalwyne is so eie aan die landskap van die Klein Karoo en die sterk plante voltooi die landskap met die ruwe Langeberge as agtergrond.

Aalwyne met die Langeberge in die Agtergrond




Rooi aalwyn
Bitter blaar
Soete Blom
lê stroopsoet
op Heunigvoël se tong



1 comment:

  1. Aalwyne in die natuur soos in jou fotos vasgevang is asemrowend mooi.

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.