Wednesday 6 April 2016

‘n Eiervrug vir Paasfees

Maartmaand hang die eiervrugte groot en pers in die groentetuin en die granate groot en rooi in die boord.  Met die kwepers wat borrie geel in die kweperbome hang was dit ‘n uitgemaakte saak dat  die Paasmaal ‘n sterk Meditereense invloed gaan hê.
Eiervrugte
Met kos wat elke dag duurder raak, is ek dankbaar vir ‘n tuin wat onverpoos kos op die tafel sit. ‘n Goeie verbeelding en ‘n produktiewe  tuin sorg vir interresante maaltye.
Bouquet garni vir die lamsboud
Carol het kom kuier vir die paasnaweek en het vlytig gehelp sny, kap en kerf. Alles wat ek nie baie geniet nie, so sy was my seëning vir Paasfees. Ek geniet die maak van die gereg waar jy al die bestandele bymekaar tower en wag vir die verassing van smake wat op die tafel verskyn, maar die voorbereiding van bestandele is te voorspelbaar.


Tuisgebakte brood
Die Wolwe het nie Paasnaweek huis toe gekom nie en die afwesigheid van die seuns was tasbaar op Paas Sondag met geen eiers wat deur die Paashaas in die tuin versteek is nie. Op ons ouderdom is dit wys om nie goed weg te steek wat gesoek moet word nie, so ek het die meer volwasse gaste die trauma gespaar om Paaseiers te soek. Ons kan skaars die huis sleutel party dae kry wat nog te sê van Paaseiers.  Ek het ook geen behoefte gehad om in Desember veras te word deur vergete Paaseiers onder die krismisrose nie.


Die Paastafel
Susan het heerlike versnaperings met granaat mengeldrankies voor ete bedien. Die Paasete was Mosselsop met tuisgebakte brood (voorgereg), eg Kaapse Kerrievis (visgereg), potgebraaide lamsboud met vars kruie bedien met kweper jellie, gebraaide aartappels en eiervrug met groenslaai (hoofgereg) en simnel koek vir nagereg.

Kaapse Kerrievis
Die Paasmaal was maklik gemaak deur almal se bydrae en dit was lekker om sommer net saam te kuier met goeie kos waarvan 80% uit ons tuin was.


Krismisrose vir paasfees

1 comment:

  1. Eiervrug was die tuin se ruim Paas geskenk. Wat sal Paasvees wees sonder outydse Kaapse Kerrievis. Lekker!

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.