Sunday 5 October 2014

Mejuffrou Dijkman en die groen vye

Ek versamel historiese Suid Afrikaanse kookboeke en een wat in my versameling is  die Kook-, Koek- en Resepteboek van Mejufvr. E.J. Dijkman geskryf in 1890 in die Paarl. Die voorwoord is klasiek  sy skryf aan haar lesers.
 
"As di resepte deur julle noukeurig geweeg en gemaak word, dan moet alles goed kom. Di fout sal aan julle le as dit nie goed kom nie"
 
Dit is tyd vir groen vye maak en ons het potte vol gekry van Stella en 'n vrou in die dorp. Ek deel graag Mejufvr. Dijkman se resep vir groen vye.
 
"Groen Vye Komfyt
Vir 100 vye, neem 6lb. witsuiker, skil die vye mooi dun af met 'n messi, of krap dit af met 'n stukki glas, sny 'n kruisie er in, kook dit op met 'n hand vol sout, laat dit dan skielik in koud water 3 maal agter makaar val, dat dit skielik koud word, kook dan die stroop dik en doet die vye daarin, laat dit goed  deur komfyt. 'n ander manier is om di vye op te kook met 'n handvol wingerdblare nadat dit 24 uur geleg het in kalkwater, 2 lepels kalk in 'n fyn lappi op 'n emmer water, is oek 'n goeie manier"

Miskien probeer ek dit nog.

Nie Mejufvr. Dijkman se vye nie


4 comments:

  1. Baie dankie Stella. Wat sal die lewe wees sonder groen vye en 'n stukie bloukaas.

    ReplyDelete
  2. Kan ek groenvye herkook.het gekook tot sag.stroop gemaak en weer gekook(streng volgens resep)vye is kliphard en stroop baie dun.smyt ek weg of is daar nog te redde.

    ReplyDelete
  3. Die groenvye kan weer gekook word indien hulle te hard is. Haal hulle uit die stroop en probeer om so veel stroop as moontlik te red. Kook die vye sag in skoon water,indien hulle reg sag is behoort jy 'n vuurhoutjie maklik in die vy te druk.dreineer die vye en hou eenkant. Kook die stroop terwyl die vye kook en indien jou stroop te min is gebruik van die water waarin die vye gekook is om ekstra stroop te maak volgens jou resep. Verhit al die stroop saam en kook eers sonder die vye om die dikte van die stroop te verbeter. Voeg die vye by die stroop en laat dit net deurkook om die stroop en vye ewe warm te kry en die stroop lekker deur die vye. Hierdie deurkook behoort net 'n paar minute te wees. Skep die vye in warm gesteriliseerde flesse. Indien jy vars vyeblare het kan jy 'n hand vol saam jou vye kook dit sal die smaak en kleur help,good die blare weg nadat die vye gekook is. Alle sterkte.

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.