Sunday 5 October 2014

Ek is nou in Oktober

Hoe kan ek hierdie gevoel binne my beskryf as ek by Towerwater stop en alles is so ongelooflik mooi. Louis Leipoldt het dit so raak beskryf in Oktobermaand;

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.


Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as ‘n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.


Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.


Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?


Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!



Ek gee toe hy het oor die Karoo geskryf maar ons lê darrem so skuins in die Klein Karoo. Alles is nuut en groen en die geluk en vrede hang tasbaar in die tuin en huis. Al die voëls bou nes selfs die Jan Fiskaal het sy moord tog gestaak en in plaas van 'n akkedis gewaar ek hom in die Akkerboom met 'n veer in die bek.
 
Die tuin maak gereed vir die eerste rose
Die eerste rose


Die nuut afgekalkte vooraansig
Die Bougainvillea by die hek


Die Skoonheid van Kaapse argitektuur



'n Muur van Kappertjies
Ja Louis, ek dink ook die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!

2 comments:

  1. Louis Leipoldt vang dit in sy woorde vas soos niemand nie. Wat 'n vreugde vees.

    ReplyDelete
  2. Ja jy skryf sulke mooi gedigte,jy kan maar jou eie een skryf vir die lente, alles en almal is bly die winter is verby en daarom blom alles in die tuin en ek dink dit was omdat die winter besonder lank en koud was dat die tuine so mooi is.Andre se idee dat ek my naam moet byskryf.Liefde Stella.

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.