Wednesday 6 May 2015

'n Lyf se Onthou

Een Saterdag oggend kom Heinrich die kombuis binne.  Hy is pas terug van Zurich waar hy klas gee by die Universiteit. In sy arms het hy ‘n bottle Prosecco en Polenta wat hulle vir ons gekoop het in Venesie toe hy, Ilze en die seuns weer ‘n naweek daar spandeer het.

Gondolas
Dit is asof hy meer as net Prosecco en Polenta op die tafel neersit want skielik voel ek weer die sout lug van Venesie op my vel waar ons langs kanale loop en op Vaporettos na afgeleë eilande vaar.
Burano
Op Murano  waar ons ‘n glasbak laat maak vir Towerwater en op Burano waar ons ‘n kant tafeldoek by die kant museum vir die eetkamer tafel koop.

Burano kantwerk
Ek voel weer die plesier van die Rialto mark wat ‘n visiuele fees is van groente, vrugte en vis. Ek koop weer hande salata mista en vye vir aandete. Ek onthou uitgerekte middag etes op die Vignole eiland waar ek en Philip alle soorte seekat, diepgebraaide Salie blare en courgette blomme geëet het.

Mista by die Rialto Mark
By die Rialto Mark
Vir my is die lekkerste lekker die ervaring van ‘n eerste keer. Die eerste keer om ‘n verlate Georgiaanse dubbel verdieping huis in die middel van die Karoo op ‘n verlate pad teë te kom. Die eerste keer om diepgebraaide polenta met ‘n ansjovis en kaper sous te proe in Toskane. Die eerste keer om Prosecco by ‘n restaurant langs die hoof kanaal in Venesië te drink.
Gondolas op die Hoof Kanaal
Ek ervaar ‘n plek met my hele lyf . Ek will die kos en wyn van ‘n plek proe sodat geure en smake my lyf kan herinner hoe dit gevoel het op daardie dae wat die Karoo son warm op jou vel lê en ‘n vriend Venesie op my tafel kom neersit.

Prosecco en Polenta

2 comments:

  1. Beautiful memories made tangible through friends and your evocative word and picture images. Thank you!

    ReplyDelete

Please remember to add your name or nickname to your comment.
Struggling to comment? Please let me know at thys.hattingh@gmail.com.