‘n Besoek van Philip en Ian uit Parys is altyd ‘n plesier.
Deur die jaar is daar altyd ‘n kos, boek, wyn of ander ervaring wat ek met
vriende wil deel wat ver is. So met ‘n besoek van ons vriende uit die buiteland
het ek ‘n koskas en kelder gevul met polfyntjies vir die proe.
Die tyd wat mens saam baie goeie vriende deurbring is altyd
‘n kleinood. Tyd vlieg gewoontlik en die lekker van hallo word geëwenaar
deur die bittersoet van groet met hul vertrek.
Met ‘n vriendskap van meer as 25 jaar is daar ‘n
gemaklikheid in die kuiers en dit voel soos deel van ons huisgesin wat huis toe
kom.
Philip stuur vir my fotos van groente en vrugte op die markte
uit Parys, iets wat ek baie geniet want dit inspireer my om te eksperimenteer
in my groentetuin.
Met hul besoek uit Parys bring hulle altyd polfyntjies vir
die proe en die Towerwater kombuis kry so ‘n Franse flair met tee vanafdie
Mariage tea emporium in Parys. Hier sukkel ons om los blaar tee te kry. Parys
het Emporiums met “mure van tee”, tee
salonne en ‘n tee museum. Klink vir my na ‘n hele dag se uitstappie in Parys.
Gelukkig hoef ons nie na die tee te gaan nie die tee het na
ons toe gekom.
Die verpakking op sy eie is ‘n ervaring. Waneer ‘n mens die swart gemboseerde houer
uit die buitenste omhulsel skuif, ruik mens al die tee.
Die formele swart verpakking onthul twee tee blikke wat helder
pers en rooi in kontras is. Die Marco Polo is ‘n swart tee met bessie vrugt
geure en ‘n sweem van heuning en vanielje. Die Noël is ‘n swart tee met mandaryn
lemoen, kaneel, amandel en Bourbon vanielje.
Ek maak die blikke oop en die geur van vrugte en speserye vul
die kombuis en ek staan in die middel van Kersfees en die vrugte boord in somer
waneer ek my oë toe maak.
My kombuis praat Frans met “De Foie Gras de Canard et de
Fiques”, “Crème de Caramel au Buerre Salé”
en “Crème de Marrons”. Alles polfyntjies vir die proe uit Parys.
Ons geniet hierdie kleinode uit Parys maar die lekker is
bittersoet sonder ons vriende wat so ver moet wees. Towerwater het ‘n internasionale
bestemming geraak vir al ons vriende wat oor die hele wereld versprei is en ons
sien uit na die volgende besoek gevul met onthou, lag en opvang met belangrike
gebeure.
Ek onthou C.Louis
Leipoldt se ‘Kom gee vir my Polfyntjie’ wat seker die beste beskryf wat ‘n
Polfyntjie is.
Kom Gee vir
My Polfyntjie
Kom gee vir
my polfyntjie,
Dit maak nie
saak nie wat,
Die
kleinste, nietigste lyntjie
Waardeer ek
as ‘n skat.
Koop waar jy
wil, by smouse,
Penswinkeltjies,
net wat
Jy kry in
Krismiskouse -
Dit bly vir
my ‘n skat.
Net iets wat
jy as joue
Betrag het,
gee my dit -
Ek neem dit
aan as goue
Gesteente
tot besit.
En as jy
eenmaal sterwe,
Dan pryk dit
nog by my,
Gegee meer
as geërwe,
As
liefdeblyk gekry.
C.Louis
Leipoldt -
I found this
translation of the poem by Annel Pieterse that I believe is a good reflection
of the original and will aid English readers to appreciate it as well.
Keepsake
Give me but
a token,
Whatever it
may be,
The tiniest
little ribbon
Is precious
wealth to me
Buy where
you will, from pedlars,
From
hawkers’ trays, or what
You’d find
as stocking fillers —
I’ll
treasure in my heart.
Give only
what you’ve gazed on
And what
your hand has known
I take it as
a golden
Memento, as
my own.
And should
you pass away,
This prize
remains with me,
No heirloom,
but a favour,
A mark of
love received.
Beautiful post. The old world notion of exchanging simple 'keepsakes' has been eroded by modern superficial and materialist values. Your post is a charming reminder the hallmarks of true friendship.
ReplyDelete